Hafnium is 'n goeie absorbeerder van neutrone en word gebruik om beheerstawe te maak, soos dié wat in kernduikbote voorkom. Dit het ook 'n baie hoë smeltpunt en word as gevolg hiervan in plasma-sweisbranders gebruik. Hafnium is suksesvol met verskeie metale gelegeer, insluitend yster, titanium en niobium.